Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra Gautengse integriteitskommissaris om Lesufi-uitlatings te ondersoek

In die eerste van ‘n reeks stappe teen Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het die VF Plus vandag ‘n amptelike versoek gerig aan die Gautengse wetgewer se integriteitskommissaris om sy onlangse kwetsende uitlatings teen wit leerlinge te ondersoek.

Die VF Plus grond sy klagte op die minagting van Suid-Afrika se Grondwet wat enige vorm van rassisme verbied, en twee klousules van die Gautengse wetgewer se gedragskode wat bepaal wetgewerlede moet die amp wat hul beklee waardig wees en dat hulle altyd eerbaar en met integriteit moet optree.

Lesufi se kwetsende verwysing verlede week na wit skoolkinders as “klein basies” voor ‘n gehoor waar hy sy departement se operasionele planne vir die jaar rakende moedertaalonderrig uiteengesit het, is onaanvaarbaar.

Die term "klein basies" is duidelik ‘n verwysing na die apartheidsera. Nie alle Afrikaners het die gebruik van sulke terme goedgekeur nie en dit kan beskou word as ‘n rassistiese praktyk waarmee weggedoen is in die nuwe demokratiese bedeling.

Alle Suid-Afrikaner het 25 jaar gelede ‘n nuwe era van samewerking en gelykheid omarm. Om daarom na 'n wit persoon of ‘n Afrikaner as 'baas' of 'kleinbaas' te verwys, is 'n etikettering van hulle as rassisties, wat 'n baie ernstige aanklag is.

Lesufi het deur sy uitlatings alle wit kinders en in die besonder Afrikaners – in die konteks van sy eie verwysings na Afrikaanse skole – as rassiste gebrandmerk.

Die waarheid is dat Lesufi wil aanhou om apartheid te gebruik as meganisme om wittes te straf deur Afrikaans te vernietig. Dit terwyl daar meer bruin en swart sprekers van Afrikaans is as wittes.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.