fbpx
Vryheidsfront Plus

Ambassadeur Mandela skuld alle Suid-Afrikaners ‘n verskoning

Die rassistiese en verdelende uitsprake van me. Zindzi Mandela, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, is totaal onaanvaarbaar, veral van ‘n ambassadeur, en die VF Plus sal daarop aandring dat die regering sonder verwyl teen haar optree.

Die ironie ontgaan me. Mandela straks dat sy vanuit ‘n suksesvolle Eurosentriese land ‘n kwetsende aanval op wittes in haar eie land doen en hulle “gronddiewe en apartheidsapologete” noem wat soos “genooide gaste weier om te loop”.

Sy is boonop bereid om ‘n ruim vergoeding te ontvang as ambassadeur in ‘n Europese land.

Me. Mandela is ‘n verskoning aan alle Suid-Afrikaners verskuldig. Dit vrywaar haar nie van gevolge omdat sy die uitsprake vanuit die buiteland gemaak het nie.

Daar is ook geen manier hoe sy dit kan regverdig deur te sê dit is in haar privaat hoedanigheid gemaak nie. Enige uitspraak van ‘n hoëprofiel-regeringsamptenaar op ‘n sosiale media-platform vir die wêreld om te sien, is nie privaat nie.

Tot nou het die ANC-regering verkies om anderpad te kyk wanneer swart politici wittes aangeval en openlik rassehaat aangeblaas het.

In hierdie geval sal die regering nie net kan swyg nie aangesien een van sy ambassadeurs betrokke is. Stilswye sal ‘n luide boodskap van goedkeuring uitstuur vir hierdie soort rassistiese retoriek wat werklik skadelik is vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika, maar wat ook groot skade aanrig aan die land se beeld in die buiteland.

Die VF Plus sal hierdie saak in die belang van alle vredeliewende Suid-Afrikaners nie daar laat nie. Me. Mandela moet verantwoording doen vir haar onverantwoordelike optrede.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.