Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vind die oorsaak van Pelonomi se waterkrisis en herstel watertoevoer

Die onlangse waterkrisis in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein kan toegeskryf word aan growwe nalatigheid en 'n eenvoudige fout en die VF Plus het self ingespring en gehelp om die fout reg te stel.

Dit het aan die lig gekom dat die stopkraan buite die hospitaal toegedraai was wat veroorsaak het dat pasiënte vir etlike dae sonder water gelaat is.

Die VF Plus het gister hierdie fout en die oorsaak van die krisis ontdek en gesorg dat watertoevoer na die hospitaal herstel is. Dit is nie bekend wie verantwoordelik is vir die probleem nie en die party sal vra dat dit ondersoek word en dat daar opgetree word teen die skuldiges.

Dit is intussen ‘n groot verligting dat pasiënte van die hospitaal weer toegang tot lopende water het.

Die VF Plus tree in belang van die gemeenskap op en die party en sy Mangaung-raadslede is bly dat hulle kon help om die watertoevoer aan die hospitaal te herstel en so 'n gesondheidskrisis te voorkom.

Dit is kommerwekkend dat die departement van gesondheid nie alles in sy vermoë gedoen het om self die probleem op te los nie.

 

Kontak: 084 206 3375

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.