Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp Sol Plaatje-begroting

Die VF Plus het gister teen die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit se begroting gestem weens die erge finansiële druk wat dit op inwoners plaas.

Die begroting ignoreer ook vervalle infrastruktuur en dienslewering wat inwoners in die steek laat.

Verder is die VF Plus besorg oor die gebrekkige openbare deelnameproses in die aanloop tot die begroting.

Die begroting plaas groot druk op inwoners met verhoogde elektrisiteitstariewe en stygende eiendomsbelasting en ander heffings, sonder om beter waarde vir geld te bied.

Die oplossing lê nie in deurlopende tariefverhogings nie, maar in die herwinning van verlore inkomste.

Die munisipaliteit moet sy invordering drasties verbeter en water- en kragverliese – insluitend onwettige verbindings – bekamp.

Voorkomende instandhouding moet ook voorkeur kry.

Elke rand wat deur swak bestuur verlore gaan, word onregverdig van getroue betalers verhaal, wat die finansiële las onhoudbaar maak.

Sol Plaatje ly nie aan ‘n tekort aan planne nie, maar aan ‘n gebrek aan implementering, aanspreeklikheid en ‘n politieke wil om die situasie te verbeter.

Die inwoners van Kimberley verdien meetbare resultate soos skoon strate, funksionele rioolstelsels en betroubare infrastruktuur, eerder as leë beloftes.

Die VF Plus glo herstel is moontlik, maar dit vereis beter bestuur, dienslewering en strenger finansiële dissipline in stede van hoër belastings.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.