fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp die voorstel om steenkool in en naby Krugerwildtuin te myn

Die VF Plus is ten sterkste gekant teen enige voorgenome poging om steenkool op industriële skaal te myn op grond wat aan die Krugerwildtuin grens aangesien die uiteindelike skade aan die gebied onomkeerbaar sal wees.

Die maatskappy Manzolwandle Investments het 'n aansoek ingedien om 'n stuk grond van 18 000 hektaar langs die Krokodilrivier, wat die suidelike grens van die Krugerwildtuin is, te myn. Die maatskappy Singo Consulting moes met die gemeenskap konsulteer en impakstudies oor die omgewing doen.

Luidens mediaberigte is rooi ligte reeds besig om te flikker oor die impakstudies wat gedoen is en die VF Plus is van mening dat die proses van openbare deelname moontlik sterk beïnvloed kan word deur onrealistiese voorstellings van werk wat geskep kan word deur moontlike mynboubedrywighede en wat daaruit mag voortvloei.

Die VF Plus is van mening dat steenkoolmynbou ‘n negatiewe effek sal hê op die omgewing en veral op waterbronne soos ‘n rivier in hierdie geval, dat die inheemse habitat in staats- en private besit groot skade sal ly en uiteindelik die ekonomie in die streek nadelig sal raak.

Die waarheid is eerder dat werksgeleenthede wat geskep kan word, grootliks verdwerg sal word deur poste wat in die proses in die landbou- en toerismesektor verlore sal raak.

Die VF Plus het reeds vrae gerig aan die departemente van mineralebronne en handel en nywerheid oor die aangeleentheid en sal dan op die gepaste stappe besluit.

Die party sal ook daarop aandring dat kwelvrae rondom die verslae oor die omgewings-impakstudies beantwoord word.

Kontaknommer: 084 652 9164

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.