fbpx
Vryheidsfront Plus

Kabinet moet gevolge van ANC se pensioen-stropingsplan verreken

Die kabinet moet die gevolge verreken van die ANC se plan om die geld van openbare- en private pensioenfondse aan te wend om die skuld van sukkelende staatsondernemings te delg.

Die voorstel van ANC-voorsitter van die subkomitee vir ekonomiese transformasie, Enoch Godongwana, kom neer op welvaartstroping en gaan die reeds steierende Suid Afrikaanse ekonomie verder benadeel.

Die plan dui daarop dat die regering as instelling met ‘n swak kredietrekord desperaat is en dat die ANC ideologie bo Suid-Afrika se belange stel. Suid Afrikaners sal oor ‘n breë front hul voet nou saam met die VF Plus moet neersit om die verdere stroping van welvaart in Suid Afrika te stuit.

Kontaknommer: 082 466 3786

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.