fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom SOE-ondersoek na korrupsie in Limpopo

Die VF Plus verwelkom die ondersoek van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) na korrupsie in Limpopo.

Die SOE het vandag op die kantore van Lepelle Noordelike Waterraad toegeslaan en op dokumente beslag gelê wat glo dui op miljarde rand se beweerde tenderbedrog met die groot infrastruktuurprojek in en om Giyani.

Die projek van R3,5 miljard was bedoel om water aan Giyani en omliggende dorpe te lewer, maar die afgelope agt jaar is daar dorpe rondom Giyani wat geen skoon drinkwater het nie.

Die projek is van die begin gekenmerk deur korrupsie en onreëlmatige uitgawes.

Hierdie projek is net een van vele in Limpopo wat dui op die ANC-regering se onbevoegdheid om selfs net basiese dienste aan sy inwoners te lewer.

Die VF Plus sal voortgaan om te veg teen korrupsie tot voordeel van al die inwoners van Limpopo.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.