fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Qedani Mahlangu se skorsing in Engeland

Die VF Plus in Gauteng verwelkom die skorsing van die voormalige Gautengse LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, deur die Global Banking School in Bedfordshire Engeland, sê Philip van Staden, VF Plus-LPW vir Gauteng.

Mahlangu se studies is deur die betrokke instansie opgeskort weens haar betrokkenheid by die Life Esidimeni-tragedie vroeër vanjaar waar meer as 141 psigiatriese pasiënte gesterf het weens die kontrakte wat sy met psigiatriese instellings opgeskort het. Tans vind daar ‘n arbitrêre verhoor oor hierdie tragedie plaas waar Mahlangu moet kom getuig.

Van Staden sê Mahlangu mag nie met haar optredes wegkom nie en sy moet dadelik na Suid-Afrika teruggestuur word. Hy sê die VF Plus is van mening dat Mahlangu se paspoorte ingetrek moet word en dat die owerhede in Engeland haar moet deporteer.

“Dit was ontstellend dat Mahlangu die hasepad na Engeland gekies het om verder te gaan studeer nadat haar optrede 141 mense laat sterf het.

“Die VF Plus was van die begin af bekommerd dat Mahlangu sou vlug. Gelukkig is haar studies nou opgeskort en moet sy voor die arbitrêre verhoor verskyn. Indien sy weer nie opdaag nie, moet die owerheid op nasionale vlak intree en sorg dat sy terugkeer na Suid-Afrika.

“Die VF Plus is besig met die finalisering van klagstate teen Mahlangu en andere wat vir hierdie tragedie verantwoordelik was en sodra die arbitrêre verhoor afgehandel is, sal die VF Plus sy klagstate by die nodige owerhede indien vir vervolging”, sê Van Staden

Kontakbesonderhede: 084 0154 722

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.