fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom inhegtenisneming van senior amptenaar van hooggeregshof in Mpumalanga en vra dat buitensporige boukoste van die hof ondersoek word

Dit is verblydend dat ‘n oneerlike en korrupte amptenaar van die hooggeregshof in Nelspruit in Mpumalanga in hegtenis geneem is, maar die VF Plus dring ook daarop aan die koste van die nuwe hofgebou ondersoek moet word.

Die koste van die steeds onvoltooide projek gebou beloop reeds sowat R1 miljard nadat die aanvanklike tenderprys sowat R600 miljoen was.

Die VF Plus gaan ernstige vrae oor dié toename in boukoste stel aan die minister van openbare werke in infrastruktuur, Patricia de Lille.

’n Besoek aan die nuutgeboude hooggeregshof in Nelspruit Vrydag deur president Cyril Ramaphosa en ministers Lamola en De Lille, is versuur deur die inhegtenisneming en hofverskyning van die meester van die hof, adv. Bina Masuku, op aanklagte van bedrog en korrupsie.

Die VF Plus verwelkom die optrede teen adv. Masuku. Hierdie voorval bring die integriteit van die hof ernstig in die gedrang en wys opnuut op die hoë vlakke van korrupsie in staatsinstellings.

Wat die koste van die hooggeregshof-projek aanbetref, wil die VF Plus weet waarom dit nog nie voltooi is nie en waarom die boukoste tot in hierdie stadium reeds byna verdubbel het. Die VF Plus verneem dat grond nog bekom moet word om die pad na die hof aan te lê.

Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat belastinggeld op hierdie wyse vermors word en die betrokke persone sal verantwoording moet doen.

 

Kontaknommer: 084 652 9164

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.