Die Johannesburgse metro se Florida/Roodepoort-brandweerstasie het vandeesweek vyf nuwe reddingsvoertuie in ontvangs geneem.
Die voertuie sluit twee in wat gebruik word om brandbestryders se asemhalingstoerusting te vul gedurende brandbestryding-aksies.
Twee van die ander voertuie is vlak 2-bevelsvoertuie wat toegerus is met die nuutste tegnologie en toerusting wat gebruik word as ‘n mobiele bevelsentrum. Die vyfde voertuig sal aangewend word wanneer gevaarlike materiaal soos plofbare of ander chemikalieë hanteer moet word.
Johannesburg se metroraad het reeds vyftien brandweervoertuie ontvang en nog ses sal binnekort by die nuwe vloot aansluit.
Benewens die nuwe voertuie is ‘n nuwe 107-noodnommer ook in werking gestel wat alle noodgevalle sal herlei na die stad se openbare-veiligheidsinbelsentrum wat nooddienste en die Johannesburgse metropolisie insluit.
Die ou nommers, 10177 en 011-3755911, is steeds in werking en sal geleidelik teen einde Januarie 2020 uitgefaseer word.
Hierdie is nog 'n voorbeeld van 'n koalisie-regering, waarvan die VF Plus deel vorm, wat desondanks die swak ekonomiese toestand in die land vorentoe beweeg tot voordeel van belastingbetalers.
Kontaknommer: 082 358 3882