fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom inhegtenisname van amptenare en sakelui van Mogalakwena oor beweerde korrupsie

Die VF Plus in Limpopo verwelkom die inhegtenisneming vanoggend van amptenare en sakelui deur die Valke vir beweerde korrupsie by die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane/Potgietersrus). Verdere inhegtenisnemings word binnekort verwag.

Die inhegtenisname van amptenare van die munisipaliteit is onder groot toejuiging van munisipale werkers en gemeenskapslede begroet. Luidens die jongste mediaberigte is tot tien mense reeds in hegtenis geneem.

Die VF Plus, in samewerking met ander opposisie-raadslede, verskeie gemeenskapsorganisasies en belangegroepe, veg al sedert 2014 vir geregtigheid nadat die munisipaliteit deur ‘n korrupte faksie amptenare van die ANC oorgeneem is.

Die provinsiale leier van die VF Plus in Limpopo, Marcelle Maritz, se naam het toe ook saam met 4 ander raadslede verskyn op ‘n sogenaamde politieke moordlys.

Dit is skokkend dat die eens vooruitstrewende munisipaliteit binne ses jaar tot absolute verval bestuur en besteel is.

Die VF Plus sal onverpoos veg vir geregtigheid en vir die uitroei van korrupsie en korrupte amptenare in die munisipaliteit.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.