Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Grondwethof se verwerping van appélaansoek om Skukuza-streekhof se renosterstroop-sake te skuif

Die VF Plus verwelkom die besluit van die Grondwethof om nie sake wat in die streekhof of die sogenaamde “renosterhof” op Skukuza in Mpumalanga verhoor moet word, na ander howe te skuif nie.

Ten spyte van dié spesiale hof se sukses met sake wat verband hou met renosterstroping, het ‘n senior amptenaar in dié provinsie, op 28 Augustus 2019 beveel dat die “renosterhof” se volle hofrol van 72 sake na die hof op Mhala oorgeplaas word.

Mpumalanga se regter-president Francis Legodi, het aanvanklik nie met die besluit saamgestem nie en het beveel dat die sake na Skukuza teruggeskuif moet word. Dit is nie gedoen nie.

Mpumalanga se hooggeregshof het uiteindelik beslis dat die Skukuza-streekshof moet heropen en moet voortgaan om sake wat met renosterstroping verband hou, te verhoor.

‘n Aansoek om appèl aan te teken teen die beslissing van die hooggeregshof, is van die hand gewys. Die saak is daarna na die Grondwethof geneem waar die besluit om die streekhof te skuif, ook omgekeer is.

Die VF Plus meen dat hierdie pogings om ‘n spesialishof met ‘n bewese goeie rekord te skuif, slegs tot voordeel van resnosterstropers gestrek het en dat die daaropvolgende regsgedinge boonop ‘n vermorsing van belastinggeld was.

Die party meen ook dat die beslissings van die hooggeregshof en die Grondwethof ernstige vrae laat ontstaan oor die pogings om die hof te verskuif en sal die betrokke owerhede versoek om die aangeleentheid deeglik te ondersoek.

Navrae: 084 652 9164 / 076 687 2830

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.