Forensiese ondersoeke oor Noordwes se geldsake gaan voortaan deeglik gemonitor word en terugvoer oor hierdie ondersoeke sal elke kwartaal aan die betrokke portefeuljekomitee gedoen moet word.
Dié besluit is geneem nadat die VF Plus in die debat oor die premier se provinsiale rede ‘n beroep op die premier gedoen het om te verseker dat die uitslae van sulke ondersoeke nie onder die mat ingevee word nie en tydig bekend gemaak word.
Die VF Plus het ook ‘n beroep op die premier gedoen om te verseker dat behoorlike kommunikasie en koördinering tussen provinsiale departemente plaasvind om die algemene funksionering en dienslewering van die provinsie te verbeter.
Groot besparings kan teweeggebring word as daar effektief tussen departemente gekommunikeer word. Vertragings in die afhandeling van projekte word telkens deur swak koördinering veroorsaak wat groot en onnodige kostes tot gevolg het.
Kontaknommer: 082 529 3001