Tjaart Steenkamp wat tien jaar as DA-raadslid in Krugersdorp gedien het, het besluit om by die VF Plus aan te sluit, sê adv. Anton Alberts, VF Plus Gauteng leier.
“Tjaart Steenkamp is ‘n groot aanwins vir die VF Plus. Hy was een van die top presterende DA-raadslede en dit sê nogal iets oor die DA as iemand van sy kaliber besluit om die DA te verlaat en eerder sy gewig by ons in te gooi.
“Groot getalle van die DA se tradisionele kiesers is besig om dié party te verlaat en by die VF Plus aan te sluit. Een van die redes hoekom Steenkamp besluit het om uit die DA te bedank is dat dié party hul tradisionele kiesers verwaarloos en eerder aandag gee aan potensiële kiesers,” sê adv. Alberts.
Steenkamp is tans nommer 2 op die VF Plus se kandidatelys in Mogale City en het reeds belowe dat hy ‘n toegewyde raadslid sal wees wat die belange van sy kiesers eerste sal stel.
“Die VF Plus voorsien dat Steenkamp nog baie vir die Krugersdorpse gemeenskap gaan beteken in sy nuwe rol as VF Plus-raadslid wanneer hy op 3 Augustus weer verkies word.”
Adv. Alberts het die gemeenskap van Krugersdorp gevra om Steenkamp te ondersteun en nie te huiwer, om soos in die verlede, van sy hulp en diens gebruik te maak nie.” Die VF Plus het ‘n beleid van dienslewering aan die gemeenskap van Krugersdorp en ons sal nie ons toewyding verslap nie.”
Adv. Anton Alberts
VF Plus Gauteng-leier
082 391 3117
Tjaart Steenkamp
VF Plus kandidaat in Krugersdorp
082 806 7891