fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom beleid vir lae-inkomste huishoudings in Mbombela

Die VF Plus verwelkom die Mbombela-raad se erkenning dat die lys van behoeftiges wat van regeringsbystand in die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Hazyview, Skukuza, Witrivier, Nelspruit en Barberton) afhanklik is, vir alle rasse is.

Die grondslag van die beleid is ontwerp om behoeftige huishoudings te help om subsidiëring vir dienskostes te verkry om armoede te help beveg.

Hierdie beleid is tot dusver gesien as slegs van toepassing op voorheen-benadeelde behoeftiges.

'n Verbrokkelende ekonomie kies egter nie sy slagoffers op grond van ras nie en veral die Covid-19-pandemie het mense van alle agtergronde finansieel op hul knieë gedwing.

Die kwalifiserende kriteria vir aansoekers kan by https://www.mbombela.gov.za/bylaws.html gevind word.

Die kriteria sluit onder meer in dat die aansoeker die eienaar of bewoner van die huis moet wees wat munisipale dienste ontvang en geregistreer is as 'n rekeninghouer op die munisipale finansiële stelsel.

Die aansoeker moet bewys lewer dat hulle nie kan bekostig om te betaal nie (WVF-kaart, bankstaat, bewys van inkomste, brief van werkgewer wat salaris of lone bevestig).

Die kriteria vereis ook dat aansoekers binne die munisipaliteit se grense bly en dat huishoudelike inkomste nie twee keer meer as staatspensioenbetalings is nie.

Die VF Plus in Mbombela moedig inwoners wat aan hierdie kriteria voldoen aan om hul naaste munisipale dienssentrums te besoek en met die aangewese beampte te praat.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.