Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom appèlhof-uitspraak oor Zuma

Die VF Plus verwelkom die appèlhof se uitspraak dat pres. Jacob Zuma tereg moet staan op klagtes van beweerde bedrog, geldwassery en afpersing en beskou dit as ‘n oorwinning vir geregtigheid, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê die uitspraak is baie tegnies van aard, maar was te wagte gesien in die lig van die feit dat die president se eie regspan voorheen toegegee het dat die aanvanklike beslissing van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om nie te vervolg nie, “irrasioneel” was.

“Die vraag is nou of die president met die nuwe vervolging ‘n kans gegun gaan word om redes aan te voer en vertoë te rig aan die NVG oor waarom hy nie vervolg moet word nie.

“Die VF Plus sal wil sien dat die president en die NVG die beslissing van die appèlhof eerbiedig en uitvoer en nie belastinggeld verder vermors in ‘n poging om hulle na die grondwethof te wend nie,” sê dr. Groenewald.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.