fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek minister van handel en nywerheid om verkoop van voorbereide voedsel toe te laat

Die VF Plus het die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, versoek om dringend die verbod op die verkoop van voorbereide voedsel op te hef.

Daar bestaan regtens geen bepaling in die inperkingsregulasies wat voorsiening maak vir die uitsluiting van enige kategorie voedselproduk nie. Die enigste eksplisiete uitsluiting is dié van alkohol-bevattende kosprodukte.

Wetstoepassingsagentskappe wat die verkope van voorbereide kos stopsit of daarop beslag lê, tree onregmatig op en staar moontlike siviele eise in die gesig. Die gevolg van hierdie optrede veroorsaak verder onberekenbare skade in die wegneemete-bedryf as noodsaaklike voedselverskaffer met 'n onafwendbare verlies aan werksgeleenthede.

Kontaknommers: 082 466 3786 / 062 391 1804

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.