Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verseker stabiliteit in Kou-Kamma ná verwydering van speaker

Die VF Plus het vandeesweek, saam met die DA en die Patriotic Alliance, ’n bepalende rol gespeel in die verwydering van die Kou-Kamma-plaaslike munisipaliteit se speaker, Dudley Maasdorp.

Video-opnames wat hom glo wys terwyl hy ’n vuurwapen op inwoners rig en hulle dreig, het die raad genoop om op te tree.

Hierdie optrede het die kernwaardes van stabiliteit, orde en respek vir inwoners direk ondermyn – waardes wat van enige leierskap verwag word.

Met die stemming waarin die drie partye hul steun saamgevoeg het, was die VF Plus se stem deurslaggewend om Maasdorp uit sy posisie te verwyder.

Dit bevestig die VF Plus se reputasie as ’n betroubare koalisievennoot wat op beginsels en verantwoordelike bestuur gegrond is.

Die verkiesing van die VF Plus-raadslid Sharon Ferguson as waarnemende speaker, is ’n duidelike teken van die vertroue wat die raad in die VF Plus plaas as ’n stabiele, ordelike en geloofwaardige rolspeler.

Die VF Plus wil beklemtoon dat die optrede nie ‘n honger na mag of posisiegedrewe is nie. Koalisies word slegs betree waar dienslewering, goeie bestuur en eerbare leiding die doelwit is.

Die party is bereid om eerlike gesprekke met enige rolspeler te voer wat werklik gefokus is op die belange van inwoners.

Die belangrikste bly dat die mense van Kou-Kamma die voordele van ’n stabiele raad in hul daaglikse lewe moet ervaar.

Wanneer ’n raad gedissiplineerd en ordelik funksioneer, vloei daardie stabiliteit direk oor na die administrasie wat noodsaaklik is om inwoners met die gehalte en respek te bedien wat hulle verdien.

Die VF Plus sal aanhou toesien dat goeie bestuur, verantwoordbaarheid en dienslewering die kern bly van plaaslike regering in Kou-Kamma.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.