fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verower nog ‘n DA-wyk – bewys volgehoue groei in steun

Die uitslag van die tussenverkiesing in Wyk 2 van die JB Marks-munisipaliteit (Potchefstroom), dien as bewys dat die VF Plus volgehoue groei in steun geniet. Die VF Plus het hierdie wyk van die DA verower. 

Dit is die tweede wyk wat die VF Plus die afgelope tyd in die provinsie van die DA verower het.

Die VF Plus se aantal stemme het sedert die 2016-munisipale verkiesing met 56% gestyg, terwyl die DA 65% van sy stemme sedertdien verloor het.

Die VF Plus-kandidaat, Everhard Laing, het die wyk gewen en die partry se groei in Noordwes met 8 Mei se algemene verkiesing voortgesit. As wyksraadslid sal Laing alles in sy vermoë doen om Wyk 2 se inwoners se belange te dien.

Die party se steun het tydens die pas afgelope nasionale verkiesing meer as verdubbel en hierdie tussenverkiesingsuitslag wys dat die party volgehou groei en 'n beduidende rolspeler in die 2021-munisipale verkiesing sal wees.

Die VF Plus het daarin geslaag om 677 stemme op hom te verenig, teenoor die DA, wat voorheen die wyk beheer het, se 489 stemme. Die ANC het 424 stemme gekry.

Inwoners is moeg vir leë beloftes en die ANC se plundering van munisipaliteite. Die VF Plus het reeds bewys dat hy hoop bring aan inwoners wat gebuk gaan onder disfunksionele munisipale bestuur.

Die VF Plus in Noordwes sal ook voortbou op sy oorwinnings en werkbare oplossings bied aan inwoners wat op soek is na alternatiewe vir swak dienste en wyke in die provinsie.

Die VF Plus bedank elke kieser wat sy vertroue in die party gestel het en gister gestem het vir die groeiende alternatief wat ware verandering bring. Die toename in steun versterk die party se mandaat om sy beleid te bevorder en werklike verandering teweeg te bring.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.