fbpx
Vryheidsfront Plus

Dienste in Carletonville en Fochville opgeskort weens munisipale staking

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) moet verantwoordelik gehou word vir die grootskaalse skade aan munisipale geboue in die Merafong-plaaslike munisipaliteit tydens ‘n onbeskermde staking die afgelope week.

Samwu-lede jaag met munisipale voertuie in die strate rond, gooi vullisdromme uit, breek meubels en saai verwoesting so ver as hulle gaan. Inwoners van Merafong vrees vir hul lewe en munisipale amptenare word toegang tot munisipale kantore geweier.

Die staking het van Carletonville oorgespoel na die munisipale kantore in Fochville waar ‘n vrou in die hospitaal opgeneem is nadat sy met ‘n brandblusser gespuit is.

Dienste soos vullisverwydering is gestaak en noodsaaklike herstelwerk aan infrastruktuur word nie gedoen nie.

Die VF Plus spreek hom ten sterkste uit teen hierdie wetteloosheid en doen ‘n beroep op die polisie om streng op te tree teen die oproeriges.

Hierdie is opnuut ‘n bewys van die ANC-regering se onvermoë om wet en orde te handhaaf en om munisipaliteite doeltreffend te bestuur.

Kontaknommer:082 671 2302

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.