fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel sinnelose aanval op onderwyseres buite Brits

Die VF Plus veroordeel die sinnelose aanval gisteroggend op Anet Coetzee, ‘n bekende onderwyseres van Brits. Anet woon op ‘n plaas net buite Brits.

Anet is skynbaar met ‘n haelgeweer deur ‘n venster in die gesig geskiet nadat sy ‘n jeugdige vroegoggend in haar huis betrap en verjaag het.

Die toenemende aanvalle van gewapende misdadigers op weerlose mense is kommerwekkend.

Dit dui op ‘n algehele morele verval onder die ANC-regering onder ‘n deel van ons bevolking wat niemand ontsien in hul skynbaar hebsugtige motiewe nie.

Hierdie tipe voorvalle belig ook weer die noodsaak vir almal om voorkomende veiligheidsmaatreëls op woonpersele in te stel en om in te skakel by plaaslike veiligheidsnetwerke.

Die VF Plus wens Anet ‘n spoedige herstel toe.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.