Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel Makhura se oproep oor interdikte

Die VF Plus in Gauteng veroordeel premier David Makhura se oproep gistermiddag, dat alle munisipaliteite, provinsiale departemente en grondeienaars gereed moet staan met interdikte om die onwettige gryp van grond in Gauteng te beveg, ten sterkste.

Makhura het reeds met sy provinsiale rede vroeër hierdie maand die tafel in Gauteng gedek vir grondgrype om plaas te vind. Makhura het tydens sy provinsiale rede openlik die nasionale regering se beleid van grondonteiening sonder vergoeding gesteun.

Die VF Plus het Makhura sterk teengestaan en hom laat verstaan dat die VF Plus dit nooit sal steun nie en dit sal beveg op nasionale, provinsiale en munisipale vlak.

Die VF Plus is van mening dat, indien die premier werklik ernstig was dat hy nie grondgryp-aksies sou duld nie, hy tydens sy provinsiale rede sy rug op die ANC sou gekeer het deur nie die beleid van onteiening sonder vergoeding te steun nie. In stede daarvan het die premier veroorsaak dat grondgrype nou regdeur die provinsie plaasvind.

Premier Makhura het nou alle grondeienaars in Gauteng vir die wolwe gegooi en hy laat hulle nou aan hul eie lot oor. Hy gee nie om wat met grondeienaars gebeur nie, en plaas die verantwoordelikheid op munisipaliteite en grondeienaars om self op te tree.

Kontakbesonderhede: 060 556 4347

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.