Die VF Plus spreek hiermee sy innige meegevoel uit met die naasbestaandes van mnr. Karel Uys (82), 'n raadslid in die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil) wat vreedsaam op 26 Julie 2020 oorlede is.
Oom Karel, soos hy algemeen bekend was, was 'n steunpilaar in die gemeenskap en ‘n lewenslange ondersteuner van die konserwatiewe politiek. Hy was betrokke by die HNP, die Konserwatiewe Party en toe later by die Vryheidsfront Plus waar hy baie Suid-Afrikaners geïnspireer het om aan te hou boer en om ook aan die plaaslike politiek deel te neem.
Sy vrou, Meisie, met wie hy sy lewe vir 55-jaar gedeel het, het hom vyf jaar gelede ontval. Oom Karel laat sy familie en vier kinders agter.
Ons sal volhard en sal voortgaan om sy nalatenskap en politiese ideologie uit te lewe. Hy sal opreg gemis word.
Navrae: 084 652 9164 / 076 687 2830