Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verkla Lesufi by OB en MRK oor sy tender-uitsprake

Die VF Plus gaan beide die openbare beskermer (OB) en menseregtekommissie (MRK) nader om die Gautengse LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, se tender-uitsprake te ondersoek.

Die party het reeds 'n ondersoek in proses by die OB rakende die onderwysdepartement se tenders vir die dekontaminasie en 'diep skoonmaak' van openbare skole verlede jaar en gaan die jongste onthullings oor Lesufi ook by die OB indien vir ondersoek teen die agtergrond van dié problematiese tenders.

Voorts blyk dit dat die beweerde uitsprake van Lesufi tydens 'n vergadering met verskillende swart rolspelers ook verdelend is aangesien daar sprake is van vooroordeel ten gunste van sekere rassegroepe teen ander. Op grond hiervan word die klag by die MRK ingedien.

Openbare tenders mag nie gebruik word om net sekere groepe te bevoordeel nie en moet in terme van bestaande regsnorme hanteer word.

Die uitsprake wat Lesufi luidens 'n berig in City Press gemaak het, dui daarop dat hy diegene wat "sy mense" uitmaak, sal help met tenders.

Sou hierdie uitsprake korrek wees, moet Lesufi uit sy pos verwyder word. Die VF Plus sal die ondersoeke monitor en druk op premier David Makhura plaas om Lesufi af te dank.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.