fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-verkiesingsborde in Kemptonpark verwyder en gesteel

Die VF Plus gaan ‘n klag by die Verkiesingskommissie (OVK) indien nadat ‘n groot klomp van die party se verkiesingsborde in Wyk 15, Kemptonpark verwyder en ander gesteel is.

Die VF Plus se kandidaat, Johann Jordaan, en sy span is reeds maande besig met ‘n verkiesingsveldtog met die oog op dié tussenverkiesing wat op 7 Augustus in die wyk plaasvind.

Die skuldiges gaan beslis nie wegkom nie. Die strate sal tot met die verkiesing gepatrolleer word om te sorg dat plakkate veilig op die pale bly.

Mense wat hulle aan sulke gedrag skuldig maak, kan volgens die Verkiesingswet krimineel vervolg word en ‘n boete of gevangenisstraf van tot tien jaar opgelê word.

Politieke partye wat hul hieraan skuldig maak kan ‘n boete van tot R200 000 opgelê word en in die proses hul verkiesings-deposito verloor.

Die VF Plus doen ook ‘n beroep op hul kiesers om die oë en ore van die party te wees en indien hul enigiemand sien wat hul skuldig maak aan so ‘n oortreding die sekretaris van die Verkiesingshof by 051-412 7400 of vir raadslid Glover by 072 217 1951 te skakel.

Die party bedank ook die talle VF Plus-ondersteuners wat die saak onder die party se aandag gebring het.

 

Kontaknommer: 072 217 1951

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.