fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verkies nuwe leierskap in Gauteng

Die VF Plus in Gauteng het die afgelope naweek in Pretoria 'n nuwe leierskap verkies. Dit het plaasgevind tydens die party se drie jaarlikse reorganisasie in Centurion.

Die party se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, is tydens die verkiesing aangewys as die nuwe provinsiale leier vir Gauteng. Advokaat Anton Alberts is aangewys as eerste-onderleier, terwyl mnr. Kobus Hoffman as tweede-onderleier verkies is.

Van Staden het tydens sy oorwinningstoespraak verwys na die harde werk wat voorlê vir die 2019-verkiesing en dat die VF Plus in die provinsie reeds nou in rat gesit gaan word om te begin met hulle veldtog.

"Ons gaan die komende verkiesing in 2019 met meer mag en krag aanpak as tydens die afgelope plaaslike regeringsverkiesing. Die VF Plus gaan hom beywer om deel van 'n komende koalisieregering in Gauteng te wees om sodoende die provinsie uit die hande van die ANC te neem.”

Van Staden het gesê dat 'n puik span dagbestuurslede verkies is wat saam met hom die groot taak vir sukses in 2019 gaan aanpak.

 

TEL: 084 015 4722

EPOS : PvanStaden@gpl.gov.za / Philip@vf.co.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.