fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vat hande met plaaslike ondernemings om park in Witbank op te ruim

Plaaslike sake-ondernemings op eMalahleni (Witbank) het die VF Plus versoek om saam met hulle druk te plaas op die munisipaliteit om te help met die skoonmaak van die park aangrensend aan Paul Sauerstraat.

Die Vryheidsfront Plus, saam met ondernemings, het die munisipaliteit van eMalahleni versoek om te help met die opruiming van munisipale parkgrond van 5.5 ha aangesien die huidige toestand onaanvaarbaar is en nie bevorderlik is vir die gemeenskap nie.

Die VF Plus het besluit om in te gryp nadat verskeie klagte ontvang is van inwoners en sakemense in die gebied (wyk 18 – Ben Fleur).

Raadslid Van Dyk en die VF Plus se plaaslike takvoorsitter, Sharon Schlachter, het onderneem om te help en toe te sien dat die oopveld opgeruim word en die hoë gras en uitheemse plante verwyder word.

Die onnet toestand van die terrein lok misdadige elemente en veral dwelmverwante probleme is aan die orde van die dag. Belastingbetalers is met reg besorg daaroor dat die misdadigheid kan oorspoel na omliggende gebiede.

Die VF Plus sal ook toesien dat aandag gegee word aan onversorgde riool-mangate wat groot gesondheidsgevare inhou.

Die party wil hiermee ook sy dank uitspreek teenoor sake-ondernemings vir geldelike bydraes vir die opruiming en sal druk plaas op die eMalahleni-munisipaliteit om te help.

Die VF Plus gee om vir die toekoms van almal in die land. Dit is belangrik dat inwoners se waardes en regte in ag geneem word. Die bereidwilligheid van mense om hiermee te help, word hoog op prys gestel.

Die VF Plus wil graag voortbou op sy groei in die 2019-verkiesing deur te wys hy gee werklik om oor die belange van sy kiesers.

Kontaknommers:
072 885 3966
082 887 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.