‘n VF Plus-afvaardiging onder leiding van Michal Groenewald, die VF Plus se provinsiale leier in Noordwes, het gister 3 April ingegryp om watertoevoer na Coligny te herstel.
Na ‘n inspeksie ter plaatse gelei deur die VF Plus-kandidaat, Piet Pretorius en sakeleiers van die dorp, is vasgestel dat van die probleme bloot opgelos kan word deur basiese tegniese onderhoud by van die elektriese pompe.
Tydens ‘n vergadering gereël deur die VF Plus het die burgemeester van Coligny, raadslid Buthelezi, persoonlik onderneem om die watertoevoer as ‘n onmiddellike prioriteit te herstel.
Die eerste elektrisiëns en tegnici het al opgedaag ten tyde van die vergadering. Al bogenoemde belanghebbendes het na die probleemareas vertrek om te verseker dat die onmiddellike krisis professioneel en doeltreffend hanteer word.
Die VF Plus het ook ‘n vaste onderneming van die burgemeester ontvang dat daar behoorlik in die nuwe begroting voorsiening gemaak sal word vir Coligny se waterinfrasturkuur.
Bogenoemde dien as ‘n bewys dat die VF Plus deur daadwerklike optrede resultate verkry.
Kontaknommer: 079 409 8342