Die VF Plus se steun het Woensdag in twee voorstedelike tussenverkiesings in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp) in Gauteng met meer as 22% gegroei.
Die party het in wyke 18 en 21 sy 2016-plaaslike munisipale verkiesingsteun van 6% tot 29% opgestoot. Die DA se steun het van 89% in 2016 tot 70% gedaal.
Die uitslag dui op ‘n uittog van kiesers uit die DA na die VF Plus wat van die party ná die 8 Mei-algemene verkiesing ‘n groter rolspeler in provinsiale- en nasionale politiek gaan maak. Die VF Plus as moontlike koalisievennoot in Gauteng word al hoe meer ‘n groter moontlikheid.
Kontaknommers: 082 466 3786 / 062 391 1804