Die Vryheidsfront Plus, die Transvaalse Landbou Unie van Suid-Afrika (TLU SA) en die Nasionale Belastingbetalers Unie (NBU) gaan volgende week ‘n hofaansoek in die Noord-Gautengse Hooggeregshof loods om die Wet op Vervoerwette en Verwante Aangeleenthede (ook bekend as die E-Tolwet) ongrondwetlik te verklaar. Die aansoek sal teen die laatste volgende Vrydag ingedien word.
Die VF Plus en die ander organisasies sal die grondwetlikheid van die E-Tolwet, onder andere, aanveg op die volgende gronde:
Die VF Plus, TLU SA en die NBU sal as ‘n aparte vereniging die hofaansoek loods. Die voorlopige naam staan bekend as die Tolhek Aksie Groep (TAG). Verskeie regslui, benewens die vereniging se eie regspan, het aangedui dat die aansoek ‘n baie goeie kans het om te slaag. Indien suksesvol, sal die E-Tolstelsel waarskynlik uitgestel word tot einde 2014/begin 2015 weens die verkiesing volgende jaar en die samestelling van ‘n nuwe parlement.
‘n Verdere aanduiding van moontlike sukses is die inligting dat die president se eie regsadvies aan hom was dat die E-Tolwet wel verkeerd geklassifiseer is. Die presidensie het aan die VF Plus telefonies erken dat die president se eie regsadviseur saam met die regsopinie van adv. Anton Alberts van die VF Plus stem. Die VF Plus het formeel aansoek gedoen om die president se regsopinie te sien, maar dit is geweier wat die vermoede verder versterk dat die president die E-Tolwet geteken het teen die advies van sy eie regsadviseurs.
Hierdie hofaansoek is die kulminasie van ‘n lang proses waar die VF Plus eers in die parlementêre portefeuljekomitee van vervoer en later by die president self vertoë gerig het dat die E-Tolwet (op daardie stadium nog ‘n wysigingswetsontwerp) ongrondwetlik is.
Kontaknommers: 082 391 3117