fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Jong Suid-Afrikaners moet registreer

Die toekoms van Suid-Afrika en dit wat die toekoms behels is in die jeug se hande. Dit is ook belangrik vir die jeug wat as vrygeborenes beskou word om veral te stem om sodoende ‘n beter bedeling sonder rassediskriminasie soos Regstellende Aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging te bewerkstellig.

Daarom doen die Vryheidsfront Plus-jeug ‘n dringende beroep op veral jong Suid-Afrikaners om seker te maak dat hulle geregistreer is om in volgende jaar se algemene verkiesing te kan stem.

Tans is daar slegs 8,7% van stemgeregtigde kiesers in die ouderdomsgroep 18 – 19 jaar wat geregistreer is.  Daar is meer as 4 miljoen eerste keer potensiële kiesers wat nog nie geregistreer is nie.

Om ‘n beter toekoms te verseker en protes teen die magsbehepte en korrupte ANC-regering aan te teken moet ‘n persoon stem. ‘n Wegblystem bevoordeel slegs die ANC.

‘n Persoon kan uitvind of en waar hy/sy geregistreer is deur sy/haar ID-nommer na 34139 te SMS.

 

Wouter Wessels, LPW

VF Plus: Nasionale Jeugleier

082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.