fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun nie aansuiweringsbegroting van Nelson Mandelabaai

Die VF Plus kan, as bewakers van belastingbetalersgeld, nie die 2023/24-aansuiweringsbegroting van die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) steun nie.

Die party erken die belangrikheid van verantwoordelike fiskale bestuur en die toekenning van belastingbetalersfondse om die welstand en veiligheid van inwoners te prioritiseer, asook die bevordering van ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling.

Die VF Plus het egter ernstige kommer oor sekere aspekte van die aansuiweringsbegroting, veral met betrekking tot die toewysing van fondse vir buitensporige oortydbetalings aan sekuriteitspersoneel.

Terwyl die versekering van die veiligheid en sekuriteit van inwoners uiters belangrik is, is dit noodsaaklik dat belastingbetalersfondse verantwoordelik en doeltreffend bestee word.

Die buitensporige oortydbetalings dreineer finansiële hulpbronne en plaas ‘n onnodige las op belastingbetalers.

Die VF Plus glo dat beslissende stappe geneem moet word om hierdie kwessie aan te spreek, insluitend die hersiening van personeelvlakke, die verbetering van skeduleringspraktyke en die ondersoek van alternatiewe sekuriteitsoplossings wat beide effektief en kostedoeltreffend is.

Verder beklemtoon die VF Plus die dringende behoefte om bendeverwante geweld wat gemeenskappe teister, aan te spreek.

Te veel lewens word verloor weens sinnelose dade van geweld, en daadwerklike stappe moet geneem word om verdere bloedvergieting te voorkom.

Belegging in inisiatiewe wat die hoofoorsake van bendebedrywighede teiken, soos armoede, werkloosheid en ’n gebrek aan opvoedkundige geleenthede, is deurslaggewend om die siklus van geweld te breek en veiliger gemeenskappe te skep.

Maatskaplike ontwikkelingsinisiatiewe moet prioriteit geniet sodat inwoners opgehef en bemagtig kan word.

Die VF Plus het ‘n beroep op die raad gedoen om nie die aansuiweringsbegroting goed te keur totdat hierdie dringende kwessies effektief aangespreek is nie.

Deur saam te werk en strategies te belê in veiligheid, maatskaplike ontwikkeling en ekonomiese groei, kan ’n beter toekoms geskep word vir die inwoners van die NMBM terwyl die belange van belastingbetalers beskerm word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.