fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus stem nie saam met DA-versoek om skuld in NMBM af te skryf nie

Die VF Plus stem nie saam met ‘n versoek van die DA in die Nelson Mandelabaai-metro om ’n amnestietydperk te oorweeg aan persone wat onwettige kragverbindings het en/of hulle skuldig maak aan meterpeutery en om uitstaande skuld af te skryf nie.

Die bedrag ter sprake beloop sowat R200 miljoen. Dit is ‘n klap in die gesig van al die inwoners wat stiptelik hul kragrekening betaal.

Die VF Plus stel voor dat die metro eerder strenger optree teen skuldiges en moet belê in ‘n taakspan om onwettige verbindings te verwyder, die skuldiges te vervolg en die uitstaande skuld in te vorder eerder as om dit net af te skryf. Sulke optrede stook die kultuur van nie-betaling vir dienste.

In die lig gesien van die feit dat die metro in die eerste ses maande van die huidige boekjaar verliese gely het van 16.6%, teenoor die 13.13% van 2016/17, is dit duidelik dat nie-betaling ‘n groeiende probleem is en die ANC-beheerde munisipaliteit sal strenger stappe moet neem om hierdie neiging om te keer.

Die VF Plus sal die stadsbestuurder versoek om nie gehoor te gee aan die DA se versoek nie en hom eerder daartoe verbind om die probleem aan te spreek en aksie te neem teen die misdadige optrede.

Kontaknommer: 072 428 6103

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.