Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sorg dat R28-ompad weer veilig is

Die Gautengse departement vir paaie en vervoer het Maandagoggend (12 Maart 2018) gehoor gegee aan die VF Plus se versoek om die ompad, wat tans gebruik word terwyl die R28 herstel word, te beveilig.

Motoriste word gedwing om ‘n ompad van 15 kilometer verby Hillshaven te volg wat later weer by die provinsiale pad aansluit.

Philip van Staden, VF Plus-LPW in die Gautengse Wetgewer, het die LUR vir Paaie en Vervoer, dr. Ismail Vadi, onlangs dringend versoek om die gebied te besoek. Die versoek is gehoor en ‘n tegniese ingenieur, mnr. Midiaifani Ramabulana, het ná inspeksie aanbeveel dat dringende veiligheidsmaatreëls getref moet word.

Die departement het belowe om dadelik alles in sy vermoë te doen om waarskuwingstekens voor die skerp draai aan te bring asook rubber stroke (rumbling rubber strips) op die teerpad aan te bring en straatligte te herstel.

Die VF Plus verwelkom dit dat die departement van vervoer die erns van die saak besef. Mense moes eers met hul lewe boet voordat die provinsiale regering besef het hoe onveilig die pad is. Die VF Plus is voortdurend besig om die provinsie op foute te wys en aanbevelings te maak om paaie veiliger te maak.

Die R28 wat swaar verkeer dra, is ‘n hoofroete vanaf Potchefstroom, Krugersdorp, Randfontein, Westonaria en sluit weer aan by die N1. Padongelukke is een van die grootse oorsake van sterftes in Suid-Afrika en daarom moet die departement van paaie en vervoer sorg dat paaie ten alle tye veilig is.

Die VF Plus sal aanhou druk op die regering uitoefen om te sorg dat geen wanadministrasie plaasvind nie en belastingbetalers se geld met sorg aangewend word.

Kontaknommer: 060 556 4347

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.