Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal bewering oor die gebruik van die “k”-woord teen een van sy lede intern ondersoek

Die VF Plus het vandag bewus geword van ‘n klag wat die DA teen een van die party se lede by die polisie wil indien oor die beweerde gebruik van die “k”-woord.

Die voorval was glo sowat vyf jaar gelede terwyl die betrokke lid, me. Marcelle Maritz, nog ‘n raadslid van die DA was.

Me. Maritz ontken dat sy die betrokke woord gebruik het en die VF Plus se leierskap sal die aangeleentheid daarom intern ondersoek om hom van die waarheid te vergewis.

Die VF Plus is sterk gekant teen enige vorm van rassisme van enige kant van die samelewing en sal sterk optree indien nodig.

Kontaknommers: 082 674 6670 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.