Die VF Plus het Woensdag gedurende die sitting van die Provinsiale Wetgewer in die Vrystaat teen die voorgestelde 2016-Aanwasbegroting gestem.
Wouter Wessels, VF Plus-LPW, het in sy verklaring gesê dat die provinsiale regering se prioriteite verkeerd is deur miljoene toe te ken aan onder andere die kantoor van die premier vir die sogenaamde On Point-tydskrif en ‘n verdere R8.5 miljoen vir Macufe-oorspandering gedurende die 2016-fees.
Hy het die ANC-regering se optrede gelyk gestel aan die van Marie Antoinette van Frankryk en gesê dat die premier dieselfde houding heens inwoners van die Vrystaat het. Terwyl hulle honger, werkloos, sonder elektrisiteit, spoeltoilette, lopende water of funksionerende hospitale is moet hulle tydskrifte lees en fees vier by Macufe.
Heloïse Jordaan
Mediaskakelbeampte: Vrystaat
Kontaknommers: 072 997 8315 / 051 407 1104


