Die VF Plus-raadslid, Ben Erasmus, is as voorsitter van die Tshwane-metroraad se plekname-komitee aangewys.
Erasmus dien al byna tien jaar in die metroraad as raadslid vir die VF Plus en is entoesiasties om die stoel as voorsitter in te neem. Die VF Plus is deel van die Tshwane-metroraad se koalisieregering.
Die plekname-komitee speel ‘n belangrike rol in die werksaamhede van die metroraad waar deursigtige besluite geneem moet word om die geskiedenis van alle inwoners te laat voortleef.
Die VF Plus wens Erasmus alle seën toe met sy taak en glo dat hy ‘n waardevolle rol gaan speel om mense wat toonaangewers op kulture en historiese gebied is en was, te help vereer.