Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus prys Mogale City-lisensiehoof vir sy harde werk

Mnr. Frans le Roux, Mogale City se pas afgetrede lisensiehoof, se onberispelike reputasie is beslis ‘n voorbeeld wat deur elke munisipale amptenaar nagevolg kan word. Nie net in Mogale City nie, maar deur die hele land, sê Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid vir Mogale City.

“Mnr. Le Roux het 45 jaar gelede as jong verkeersbeampte by die destydse Krugersdorpse munisipaliteit begin werk. Hy het homself deur die jare bewys en is later aangestel as verkeershoof en in 2007 as lisensiehoof.

“Onder sy leiding is Mogale City vele kere aangewys as die beste lisensie-afdeling in die land. ‘n Reputasie waarmee min munisipaliteite kan spog. Die VF Plus hoop dat die persoon wat hom opvolg sy goeie werk sal voortsit.

“Ek het nou met mnr. le Roux saamgewerk, veral met sy termyn as burgemeesterslid vir openbare veiligheid gedurende die koalisieregering-tydperk in Mogale City.

“Die VF Plus wens mnr. le Roux ‘n welverdiende rus toe. Mag sy aftrede slegs ‘n nuwe seisoen in sy lewe wees waar hy kan fokus op stokperdjies en kwaliteittyd saam met geliefdes. Mogale City sal hom mis, sê Steenkamp.

 

Kontaknommer: 082 806 7891

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.