Die VF Plus het die burgemeester van Midvaal, Bongani Baloyi, versoek om nie-stakende werkers in Midvaal te beskerm, veral teen intimidasie en saakbeskadiging, sê Kobus Hoffman, VF Plus-onderleier in Gauteng en -raadslid in die Sedibeng-munisipaliteit.
“Dit is nie regverdig dat daar van nie-stakende amptenare verwag word om hul daaglikse pligte sonder beskerming uit te voer nie. Dit terwyl daar ‘n grootskaalse SAMWU-staking aan die gang is. Amptenare verkeer onder geweldige spanning en dit kan nie langer geduld word nie.
“Midvaal-raadslede word reeds beskerm asook die burgemeester en speaker wat addisionele wagte het om hulle op te pas.
“Dit bly die verantwoordelikheid van die raad om sy amptenare te beveilig en hulle ten alle tye, veral tydens gewelddadige stakings, te beskerm, sê Hoffman.
Kontaknommer: 071 640 7283