fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus plaas Matjhabeng op terme oor burgemeestersketting

Die VF Plus het die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) op terme geplaas om binne sewe werksdae terugvoer te gee rakende die vermiste burgemeestersketting.

Die munisipaliteit swyg oor waar die ketting tans is.

Dit is nie duidelik of die voormalige burgemeester van Matjhabeng, Nkosinjani Speelman, die ketting aan die munisipaliteit terugbesorg het nie.

Alhoewel die burgemeestersketting van onmeetbare historiese waarde is, is die ketting na raming sowat R20 miljoen werd.

Die ketting bevat onder meer stukke goud uit elke skag in die goudveld. Sou dit verlore wees, verloor inwoners nie slegs die geldwaarde nie, maar ook 'n item van geskiedkundige belang.

Alle munisipale eiendom is die eiendom van die inwoners.

Indien daar nie betyds opgetree word nie, sal die VF Plus genoodsaak wees om namens die inwoners van Matjhabeng ‘n klag by die polisie in te dien.

Die VF Plus is van mening dat daar streng opgetree moet word indien die ketting nie gou opgespoor word nie.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.