fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-medelye met afsterwe van mev. Lydia Meshoe

Die VF Plus het verneem van die afsterwe van mev. Lydia Meshoe, eggenote van eerwaarde Kenneth Meshoe, leier van die ACDP.

Ek wil as leier van die VF Plus hiermee ook namens die party my simpatie en medelye eerstens teenoor eerw. Kenneth Meshoe en mev. Meshoe se naasbestaandes uitspreek asook die ACDP as party.

Dit is altyd hartseer wanneer ’n gesinsvrou tot sterwe kom aangesien sy gewoonlik die samebindende faktor is wat ’n gesin en familie saamsnoer en almal se lief en leed deel.

Mev. Meshoe se afsterwe sal daarom ’n groot leemte laat vir haar naasbestaandes en die VF Plus bid die Meshoe-gesin vertroosting toe.

As Christen sal eerw. Meshoe weet dat ware vertroosting slegs in die Hemelse Vader gevind kan word.

Mag hulle in hierdie moeilike routydperk dan ook in Hom hul vertroosting en berusting vind.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.