Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-Limpopo gee om en gryp in by Musina-waterkrisis

Nadat alle pleidooie van inwoners van die Musina-plaaslike munisipaliteit bloot geen vrugte afgewerp het nie, het inwoners van Musina, wat vir meer as ‘n maand sonder water sit, die VF Plus gekontak om hulp.

Die VF Plus het onmiddellik opgetree en een van sy aspirant-kandidate vir Musina, Paul Herman, gevra om ondersoek in te stel.

Daar is bevind dat ‘n kontrakteur ‘n waterpyp afgesny en versuim het om dit te herstel. Dit het die inwoners van Kudu- en Mopani-straat vir meer as ‘n maand sonder water gelaat.

Die VF Plus het die kontrakteur genader en versoek om dringend die stukkende waterpyp te herstel. Watertoevoer na die geraakte strate is twee dae later herstel.

Die Musina-gemeenskap is raadop met die swak dienslewering van die munisipaliteit, maar het met die volgende plaaslike regeringsverkiesing die geleentheid om van die onbevoegde ANC-beheerde raad ontslae te raak deur saam met die VF Plus op te staan en saam ‘n sterk boodskap te stuur dat dit nie langer geduld sal word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.