Die VF Plus is saam met die gemeenskap van Brackenfell verheug oor belangrike toerusting wat by Brackenfell se verkeersdepartement vervang is om diens te verbeter.
Dit het onlangs onder die VF Plus se aandag gekom dat belangrike toerusting by dié departement soos die oog- en vingerafdrukmasjien, nie korrek funksioneer nie en dat die stelsel gereeld van lyn is.
Na klagtes van die publiek hieroor het die party navraag gedoen by die Stad Kaapstad met die versoek om dringend aandag te gee aan die probleem.
Die VF Plus het onlangs die verkeersdepartement weer gaan besoek en was aangenaam verras oor die verbeteringe wat gemaak is.
Daar is selfs opknappingswerk wat binne die gebou gedoen word.
Die VF Plus sal onverpoos aanhou veg om toe te sien dat mense die diens kry wat hulle toekom.