Die Vryheidsfront Plus in Limpopo het ‘n klag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien teen die Polokwane-hospitaal na die dood van ‘n gemeenskapslid se vrou wat moontlik spruit uit nalatigheid. Volgens familielede het hul pleidooie dat sy in 'n intensiewe sorgeenheid opgeneem moes word, op dowe ore geval.
Dit is kommerwekkend dat al meer bewerings van wanpraktyke en onbevoegde mediese personeel teen staatshospitale gemaak word. In hierdie geval het ‘n persoon met haar lewe geboet daarvoor.
Die MRK het ontvangs erken van die VF Plus se klag.
Die VF Plus sal opstaan vir gemeenskappe se reg tot veilige en bevoegde mediese behandeling.
Kontaknommer: 066 024 4623