Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom uitspraak wat sakevryheid bevorder

Volgehoue druk deur opposisiepartye en burgerregte-organisasies is van kardinale belang om die Suid-Afrikaanse regering verantwoordbaar te hou gedurende die tyd van inperking.

Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, moes as voorbeeld hiervan die Kommissie vir die Beskerming van intellektuele Eiendom (KBI) se rampbestuursregulasies die naweek onder druk terugtrek. Die VF Plus verwelkom ook die Sakeliga-hofuitspraak waarin gelas is dat burokratiese inperkingsregulasies wat inbreuk maak op sakeondernemings se vryheid om te kan handel dryf, geskrap moet word.

Sakeondernemings wat in Vlak Drie van die inperking mag sake doen, kan nou met hul self-uitgereikte permitte, sonder toepaslike ramptoestand-regeringslisensies, handel dryf sonder om aan bykomende regulasies wat ingevolge die Rampbestuurswet ingestel is, te voldoen.

Die regering se volgehoue pogings om die sakewêreld te mikrobestuur, is deur die volgehoue druk gestuit en bevoordeel veral klein- en mediumgrootte-ondernemings wat nie by die departement vir handel en nywerheid geregistreer is.

Die VF Plus sal bly veg vir ‘n markgerigte ekonomie waar ondernemings vry van staatsinmenging kan sake doen.

Kontakbesonderhede: 0‪82 466 3786‬/ 062

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.