Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus kry versekering van kommissie vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) dat kwytgeskelde mikro-ondernemings beskerm sal word teen gedwonge SEB

Die VF Plus het vandag die versekering van die kommissie vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) gekry dat sakeondernemings met ‘n omset van minder as R10 miljoen per jaar van alle SEB-teikens kwytgeskeld word, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Hy sê die VF Plus gaan nogtans vra dat hierdie drempel aansienlik hoër as R10 miljoen gemaak word om substansie te verleen aan die broodnodige stukrag vir kleiner ondernemings wat die fondasie vir die land se ekonomie is.

“Dit is kommerwekkend dat daar geen navorsing is wat aandui of enige doelwit bereik is met SEB nie. Dit het ten doel om onder meer armoede te verlig en werk te skep.

“Die VF Plus is eerder van mening dat SEB die teenoorgestelde effek het en dat dit lei tot groter werkloosheid en armoede en dat dit ‘n erg negatiewe effek op die land se ekonomie het.

“SEB is ‘n rassistiese beleid en die VF Plus sal voortgaan om dit te bevraagteken as ontwikkelingsinstrument en ons sal ons bes doen om die skerp snykant daarvan sagter te maak,” sê adv. Alberts.

Adv. Alberts sê die kommissie het dit duidelik gestel dat vrygestelde mikro-ondernemings beskerm sal word indien groot maatskappye hulle sou dwing om swart bemagtig te word, of weier om met hulle besigheid te doen omdat hulle nie swart bemagtig is nie. Die kommissie het die versekering gegee dit is onwettig en maatskappye wat hulle hieraan skuldig maak, sal ondersoek word.

Indien iemand probleme hiermee ondervind, kan hulle besonderhede na die VF Plus se hulplyn stuur by help@vf.co.za.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.