Die VF Plus het die Tshwane-stadsbestuurder opdrag gegee om senior metrolede te vervolg wat by meer as R15 miljoen tenderbedrog betrokke is. Nog skokkende feite word in ‘n forensiese verslag bekend gemaak, sê Awie Erasmus, VF Plus-raadslid vir Tshwane en voorsitter van die openbare rekeningekomitee.
“Inligting is onlangs van koalisievennote ontvang dat daar ‘n forensiese verslag bestaan, maar dat dit nooit voor die raad of enige van die komitees gedien het nie. Dié verslag is opgevolg wat gaan lei tot die vervolging van sekere metrolede.
“Alhoewel die betrokke amptenare nie meer in die diens van die metro is nie, is daar geen rede dat hulle nie vervolg kan word nie.
“Wanneer ‘n persoon skuldig bevind word aan bedrog, moet hulle vervolg word en die geld van hulle verhaal word.
“Die koalisieregering stuur hierdeur ‘n duidelike boodskap uit dat amptenare respek moet toon vir belastingbetalers se geld.
“Die vervolgingsproses sal deur die openbare rekeningekomitee gedryf word,” sê Erasmus.
Kontaknommer: 072 815 4053