fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus doen sy eie ondersoek oor stank in Randfontein

Die VF Plus is besorgd oor die welstand van Randfontein se inwoners en gaan self ondersoek instel na die oorsprong van die erge stank wat deesdae gereeld oor die dorp en industriële gebied hang, sê Charrles Brough, VF Plus-raadslid vir Randwest.

Brough sê hy word oorval met oproepe van mense wat oor die stank kla en inwoners bespiegel wyd daaroor op sosiale media.

“Die VF Plus gaan van groenteplase tot die stadsraad se rioolstelsel ondersoek. Daar moet ‘n oplossing vir hierdie probleem gevind word. Dit kan nie so aanhou nie. Die munisipaliteit sal moet ingryp en sorg dat die lug gesuiwer word. Dit kan mense se gesondheid ernstig benadeel.

“Dit is jammer dat ‘n dorp soos Randfontein, wat ekonomies agteruit gaan, verder deur so iets geknou word,” sê Brough.

Kontaknommer: 082 565 2336

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.