fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus keer ANC-poging om aansuiweringsbegroting van JB Marks onreëlmatig goed te keur

Die VF Plus het vandag tydens ‘n spesiale raadsitting van die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp), vir ‘n deurbraak gesorg deur te verhinder dat die ANC die aansuiweringsbegroting van dié munisipaliteit op ‘n onreëlmatige wyse deur die raad laat goedkeur.

Die ANC se voorstel om die aansuiweringsbegroting te laat goedkeur, volg op ‘n vorige poging op 26 Februarie waarin die ANC, ten spyte van die VF Plus se besware, die begroting onregmatiglik goedgekeur het.

Hierdie besluit is vandag tersyde gestel en die burgemeester, Kgotso Khumalo, het die kwessie terugverwys na die raad vir oorweging.

Die VF Plus het tóé reeds sterk standpunt ingeneem teen die inherente grondwetlike gebreke in die ANC se voorstelle.

Die VF Plus het vandag weer die ANC in die raad gewys op die verskeie wetsoortredings wat die goedkeuring van die aansuiweringsbegroting sal meebring. Dit het die ANC geen keuse gelaat as om gehoor te gee nie.

Die VF Plus het met sy teenwoordigheid en sterk optrede in die raad verseker dat die munisipaliteit verdere verleentheid en onnodige risiko’s gespaar bly.

Die JB Marks-munisipaliteit is reeds onder administrasie geplaas weens onder meer soortgelyke ondeurdagte besluite wat die ANC in die verlede deur die raad gestoomroller het.

Die VF Plus sal voortgaan om te veg teen enige onreëlmatighede in die munisipaliteit om so te voorkom dat dit verder in ‘n afwaartse spiraal van administratiewe- en finansiële verval vasgevang word.

Die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp ly reeds te lank onder die finansiële wanbestuur en vergrype van die ANC-beheerde munisipaliteit.

Die VF Plus moedig kiesers aan om in die komende plaaslike regeringsverkiesing hul stem te laat hoor teen die ANC se vergrype om sodoende ‘n einde te bring aan die wanbestuur, korrupsie en verval van eens vooruitstrewende dorpe.

Navrae: 072 298 0295

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.