Die VF Plus se steun het met Woensdag se tussenverkiesing in Wyk 15 in die Ekurhuleni-metro van 3% in die Augustus 2016-munisipale verkiesing tot 30.22% gegroei.
Die DA se steun het van 88.46% tot 63.79% gedaal.
Die DA het die wyk in Kemptonpark met ‘n heelwat kleiner meerderheid behou met 2877 stemme teenoor die VF Plus se 1363, die ANC se 230 en die EFF se 40. Die stempersentasie was 27.64%
Die VF Plus het met ‘n tussenverkiesing in Julie 2019 in die Johannesburgse metro gegroei van 3.8% in 2016 tot 23.27%. Die party het ook ‘n wyk met ‘n munisipale tussenverkiesing op Stilfontein van die DA afgeneem.
Die uitslae bevestig ‘n uittog van kiesers uit die DA na die VF Plus. Dit raak toenemend duidelik dat die VF Plus ná die 2021-plaaslike regeringsverkiesing ‘n groter rolspeler in plaaslike regerings gaan wees.
Die VF Plus bedank sy kiesers vir hul volgehoue steun.
Kontak 082 466 3786 / 062 391 1804